Episode 10: Hoe moet lidmate ‘goedkoop versoening’ verstaan?

Loading player...
Is verhoudings tussen wit en bruin en swart Christene in die banke van kerke soos die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) 30 jaar ná apartheid aan ’t versterk en verdiep?

Is daar grondige versoening tussen rasse en op strukturele vlak binne die NG Kerk die soort “herstellende geregtigheid” waarvan teoloë praat?

In hierdie Kollig-episode berig ons vanuit Durban oor ’n onlangse interkerklike konferensie wat die VGK aangebied het en waar rolspelers onder meer eenheid met die NG Kerk op insiggewende wyse bespreek het.

Die vraag is: Werk gemeentes, in hierdie jaar wat die VGK sy 30ste bestaansjaar vier, aan kerkeenheid en is daar vooruitgang, stagnasie of terugval? Is daar hoegenaamd vordering as prof Leepo Modise verduidelik dat versoening sonder restitusie “goedkoop” is? En as ds Jan Lubbe toegee dat die NG Kerk tot ’n mate na “binne gedraai het” oor die afgelope paar jaar – ten koste van eenheid?

Die Kollig-aanbieder Heléne Meissenheimer nooi ook vandeesweek die joernalis en Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman in na die virtuele ateljee om sy indrukke van die interaksie tussen leiers van die NG en VG Kerke te hoor.
21 Apr 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min