Episode 12: Twee skrywervriende gesels oor nuwe boeke in Pinkstertyd

Loading player...
Donderdag 9 Mei is Hemelvaart. Nou in verkiesingstyd in ons land wonder Cas Wepener hoeveel vernuwingswerk die Gees van God by hom kan bring as hy bereid is om te luister eerder as kla.

So vertel hierdie Stellenbosse professor vir sy jarelange vriend, emeritus-prof Chris van der Merwe. Dié twee skrywers het elk ’n nuwe boek uit wat oor geloofstema’s handel. Aan die hand daarvan gesels die liturg en die letterkundige vrylik oor geloofstema’s wat struikelblokke kan wees. Tema’s soos genade en geregtigheid, woede, hemel en hel.

Cas vertel ook van sy behoefte om elke dag tyd in te ruim vir dinge wat mag lyk na tydmors. Hy sê ons raak te besig. Ons het stilword nodig om ons te help om weer reg na die wêreld te kyk.

Hiermee nooi ons jou uit om so 20 minute se “tydmors” te vat vir ’n luister of kyk na hierdie podsending vir Kerkbode Kollig (vervaardig in dankbare samewerking met Kaapkerk).

Meer oor die boeke: Cas Wepener se boek, Die heiligheid van hier het onlangs by Bybelmedia verskyn met as subtitel: Ontdek die goddelike op onverwagte plekke. 50 essays vir alleen lees of saamlees. (https://www.bybelmedia.org.za/product/die-heiligheid-van-hier/)

Chris van der Merwe se boek, Grenslose genade: ’n Moderne geloofsbelydenis, het ook in Mei verskyn en is te kry by Lapa Uitgewers. Dit is ook in Engels beskikbaar as Boundless Grace – A Modern Confession of Faith. (https://www.lapa.co.za/grenslose-genade)

VIDEO: https://youtu.be/thaI3UuSSrg?si=_8lrgXD0RGw09ujo
5 May 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min