Episode 13: Twee stories: Gesonde baba na kankerdiagnose + hoe kies jy vir wie om te stem?

Loading player...
Ds Arina Zandberg van Kimberley was skaars twee maande swanger toe sy en haar man Dirk die skoknuus kry dat sy Hodgkins-limfoon het. Dit is ’n kanker wat die limfklierstelsel aanval wat deel vorm van jou liggaam se immuunstelsel.
Hulle eerste gedagte was dat hulle die baba gaan verloor, maar in April vanjaar is klein Jana gebore. ‘n Gesonde baba van 3.1kg.
Kerkbode het Arina gevra om hulle storie met Kollig te deel.
Maar voor ons by daardie insetsel kom, kyk ons na stemdag: 29 Mei. Wat bly oor van die optimisme wat vele ná 1994 verkiesing gekoester het? Het staatskaping, korrupsie, beurtkrag ons hoop vir die land gesteel?
Prof Erwin Schwella is die direkteur van die Sentrum vir Goeie Regering in Afrika by die Hugenote Kollege op Wellington. Kerkbode het hom gevra: hoe kan mens as gelowige weet vir wie om te stem?
12 May 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min