Episode 16 – ‘Gee aandag al raak ’n mens soms vuisvoos’ – Lizelle de Bruin oor groen stories en hoekom dit belangrik is

Loading player...
Voor die NG Moedergemeente op George was ’n groot eikeboom. Toe word dit afgekap na ’n kewer die dorp se akkerbome besmet het. Vandag groei op dieselfde plek ’n paar jong eikeboompies wat van hierdie boom se akkers gekweek is. Dit is vir haar ’n ongelooflike storie van hoop, vertel Lizelle de Bruin, vanjaar die ontvanger van die Andrew Murray-Prysfonds se Elise Tempelhoff-toekenning vir Omgewingsbewaring en geregtigheid.

Op RSG se webblad word hieroor so berig: “In die motivering vir die toekenning, word gesê dat sy as ervare radioregisseur, omroeper en direkteur van Wordwise Media al jare lank ’n uitsonderlike toewyding toon om omgewingsbewustheid te bevorder”.

“’n Mens raak soms vuisvoos maar jy moet aandag gee,” hoor Kerkbode by Lizelle. Sy vertel ook van die praktiese, selfs pretmaniere, hoe sy omgewingsbewustheid deel van haar lewe maak en deel ’n paar van haar gunsteling groen stories.
2 Jun 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min