Twee erge brande woed voort in die Laeveld

Loading player...
Die Laeveld-brandbestryders-vereniging beveg sedert Vrydag verskeie brande. André Scheepers van Lefpa sê tans is twee aktief in die streek: Dit is tussen Witrivier en Sabie en Hazyview sowel as die Badplaas-Kaapsehoop-Ngodwana-area. Hy sê die wind het vanoggend gaan lê, maar dit waai nog kwaai in areas wat hul taak aansienlik bemoeilik. Die wind en droë, warm toestande dryf die brande aan met meer as ‘n duisend-hektaar veld en boorde wat afgebrand het. Mense is gevra om baie versigtig te wees en geen oop vure te maak nie. Geen brandpermitte word ook uitgereik tot verdere kennisgewing nie, met brandbestrydings-hulpbronne wat tot die uiterste beproef word. Rapporteer brande aan Lefpa by 086-066-3473.
9 Jul 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Operasie Glimlag herstel gesplete lippe in Mbombela

Operation Smile South Africa doen 'n beroep op individue en gesinne om na vore te kom vir gratis chirurgie en omvattende sorg vir gesplete lippe en verhemeltes in Mbombela hierdie Julie, in vennootskap met die Mpumalanga-departement van gesondheid. Aspekte van die storie sluit in gratis sifting, chirurgie en multidissiplinêre sorg…
23 Jul 12 min

Chirurgiese marathon vir Mandelamaand

Cure Day Hospital Mbombela het hierdie Mandelamaand hande geneem met dokters en die ASH-stigting om toegang tot spesialis chirurgie te verbeter. Jessica Prim gesels saam met dr. Viola Morolo en dr. Brighton Mashava met Sonop Ontbyt.
22 Jul 14 min

Wat jy benodig in 'n voertuighandelaar

Cas Kolbè, handelaarshoof van Mahindra Nelspruit, deel met die Middag Game Drive waarvoor voertuigeienaars op die uitkyk moet wees wanneer hulle wiele aanskaf.
21 Jul 9 min