Kind in hospitaal in gepootjie: Pa pleit vir bewustheid

Loading player...
Gerhard Sinden se 10-jarige dogtertjie het haar hand gebreek na sy verlede week op die trappe by Laerskool Lydenburg deur 'n ander kind gepootjie is. Hy is besorg daaroor dat kinders mekaar boelie, of soms nie die gevaar besef van wat hulle as 'n streek bedoel nie. Hy wil ook hê ouers en skole moet meer bewus wees oor moontlike tendense.
22 Jul 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Danie Rossouw-span op pad na Europa

Elke jaar bied Hoërskool Rob Ferreira die Danie Rossouw Rugbyweek-aan en dan kies hulle twee spanne wat internasionaal gaan toer. Ons gesels nou met Conrad Jonker van Hoërskool Rob Ferreira en Jaco Mouton van Hoërskool Barberton.
2 Jun 6 min

Brandseisoen breek amptelik aan

Die Laeveld brandseisoen begin amptelik Maandag, 1 Junie. André Scheepers van Lefpa waarsku grondeienaars om hul versekering agter mekaar te kry.
29 May 9 min