Wiele2Wiele: Duinepret en heuwel-aksie

Loading player...
In hierdie week se Wiele2Wiele-episode gaan speel Carl en Jeanette in die Atlantis-duine met die Toyota Hilux GR Sport III tydens vanjaar se Atlantis 4x4-pretdag. Daar was ook aksie by die Zwartkops-renbaan met die 'Top of the Hill'-uitdaging en Brendon Staniforth was daar saam met Volkswagen Motorsport SA vir die Volkswagen Rookie Cup Shootout.

Clinton Pienaar is ook terug in die ateljee en vertel jou alles van die eerste 'Project-X' navigasie-uitdaging, wat in die Richtersveld plaasgevind het en wie daar koning gekraai het.
11 Oct 2024 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele: Lepas L4 vs. Jaecoo J7

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele skop hulle af met twee bekendstellings – Audi se nuwe Q3 en Toyota se eerste vol-elektriese model vir Suid-Afrika, die bZ4X. Dan raak hulle skoon poëties oor die Land Rover Discovery Tempest. Hulle vergelyk ook twee Chinese sportnutse uit die Chery-stal: die Lepas…
10 Jul 26 min

Wiele2Wiele: Nuwe Hilux onder die loep

Hierdie week doen Wiele2Wiele dinge effe anders en sit ons die kollig op die nuwe negende generasie Toyota Hilux – ’n fantastiese bekendstellingstoer deur Namibië.
3 Jul 26 min

Wiele2Wiele: BYD se Atto 2 onder loep

Hierdie week vir Wiele2Wiele vat Carl die pad saam met Volkswagen en sy Amarok-modelle op ’n avontuur wat min mense ooit self beleef! Van die asemrowendste dele van KwaZulu-Natal, oor die legendariese Sanipas in Lesotho – selfs die ruwe skoonheid van die Oos-Kaap… dit het boonop gesneeu ook tydens hul…
25 Jun 26 min

Wiele2Wiele ry Defender Octa en Mustang GT

Hierdie week vir Wiele2Wiele het hulle twee baie spesiale padtoetse: die Land Rover Defender Octa met sy 4,4 liter-biturbo V8 en dan die Ford Mustang GT. Vir die tegniese wenk van die week gesels hulle oor die maksimumsnelheid van ’n binnebrandenjin. Hulle is ook breëbors trots op ons Suid-Afrikaner, Steven…
19 Jun 25 min