Vennootskappe nodig om landbou te laat groei - Steenhuisen

Loading player...
John Steenhuisen, Minister van Landbou, het tydens sy toespraak by Agri SA se kongres in Kaapstad die noodsaaklikheid van vennootskappe en die rol van georganiseerde landbou in die groei van Suid-Afrika se landbousektor beklemtoon.
"Dit is van kardinale belang om saam met Agri SA te werk, veral op 'n vieringsdag soos vandag," het Steenhuisen gesê. Hy het Agri SA beskryf as ’n essensiële vennoot vir die Departement van Landbou en beklemtoon dat die organisasie 'n sleutelfiguur is in die sektor se vooruitgang.
Volgens Steenhuisen lê die kundigheid, kennis en belegging in landbou grootliks in kommoditeitsliggame en georganiseerde landbou, soos Agri SA. Hy het benadruk dat vennootskappe tussen die regering en organisasies soos Agri SA nodig is om die landbousektor te laat groei en werk te skep.
13 Oct 2024 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min