Landelike Veiligheid vra implementering van veiligheidsplan

Loading player...
Suid-Afrika se Landelike Veiligheidsplan is eintlik voldoene, maar 'n groepering vra dat die minister van polisie toesien dat dit op grondvlak uitgevoer word. Niels Nilsson, 'n onafhanklike navorser vir Landelike Veiligheid SA vertel oor die voorlegging wat hulle gister aan die parlement se portefeuljekomitee vir landbou oor plaasaanvallle gelewer het.
20 Mar 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

SA Beker begin die naweek

Die SA Beker skop die naweek amptelik af. Die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, begin hul titelverdediging Vrydag teen die SWD Arende in George. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt.
3 Mar 9 min

Nellies ding met groot honde mee

Hoërskool Nelspruit neem vanjaar deel aan die A-bond van die Super Interhoër. Atletiek-hoof Anica Cilliers gesels op die vooraand daarvan met die Middag Game Drive.
3 Mar 11 min

Mopani ondersteun plaaslike skole

Saterdag vind die jaarlikse Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms by Lowveld High plaas. 100.5FM saai regstreeks uit vanaf die geleentheid en Mopani maak dit moontlik. Rita Visagie kuier by Sonop Ontbyt om die besonderhede te deel.
26 Feb 8 min

Vier op pad na Expedition Africa Back to the Berg

Harry Wiltshire, Craig Metherell, Dewaal Visser en Sara Archdeacon gaan in Maart aan die Expedition Africa Back to the Berg-wedren deelneem. Die 500 km avontuurwedloop verg dat deelnemers oor ses dae die ruwe en uitmergelende terrein van die Drakensberge trotseer.
20 Feb 9 min