KOPSKUIF - Floris Voges

Loading player...
In hierdie week se episode van Kopskuif gesels ons met Floris Voges, ’n sanger-liedjieskrywer van Bellville, Kaapstad, en finalis van Taalgenoot se Ruk en Rym. Floris deel die storie agter sy debuutalbum Paradysstof, wat tussen Augustus 2024 en Januarie 2025 vrygestel is en reeds meer as 100 000 strome op groot platforms bereik het.

Met sy musiek wat diep temas soos sterflikheid, liefde, verlies, hoop en menslike broosheid aanspreek, nooi Floris luisteraars uit om te dink en voel oor wat dit beteken om mens te wees. Hy het reeds ’n stewige voetspoor gelos op speellyste soos Nuwe Afrikaans, Diep Afrikaans en Cool Afrikaans op Spotify en Apple Music.

Luister in wanneer ons met Floris gesels oor sy kreatiewe proses, sy deelname aan Ruk en Rym, en wat die toekoms vir hom inhou. ’n Moet-luister vir enige Afrikaanse musiekliefhebber!
12 Apr Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF – Afrikaans 100: ’n Taal om te vier!

Afrikaans vier 100 jaar as amptelike taal! 🇿🇦✨ Op Kopskuif gesels Giep van Zyl, nasionale koördineerder van Afrikaans 100, oor die geskiedenis, groei en viering van dié dinamiese taal—én hoe jy deel kan wees van die feesvieringe, projekte en kompetisies. Luister ook na Elias P. Nel se unieke verwerking van…
10 May 23 min

KOPSKUIF - Om Ligtheid te Kweek met Yolanda Grobler

Wat beteken dit werklik om ligtheid in onsself en ander te kweek? In hierdie insiggewende episode van Kopskuif gesels aanbieder Mercia Eksteen met Yolanda Grobler, ’n kenner in persoonlike groei en emosionele welstand, oor hoe ons innerlike vreugde en veerkragtigheid kan aanvuur.
22 Mar 34 min