KOPSKUIF - Floris Voges

Loading player...
In hierdie week se episode van Kopskuif gesels ons met Floris Voges, ’n sanger-liedjieskrywer van Bellville, Kaapstad, en finalis van Taalgenoot se Ruk en Rym. Floris deel die storie agter sy debuutalbum Paradysstof, wat tussen Augustus 2024 en Januarie 2025 vrygestel is en reeds meer as 100 000 strome op groot platforms bereik het.

Met sy musiek wat diep temas soos sterflikheid, liefde, verlies, hoop en menslike broosheid aanspreek, nooi Floris luisteraars uit om te dink en voel oor wat dit beteken om mens te wees. Hy het reeds ’n stewige voetspoor gelos op speellyste soos Nuwe Afrikaans, Diep Afrikaans en Cool Afrikaans op Spotify en Apple Music.

Luister in wanneer ons met Floris gesels oor sy kreatiewe proses, sy deelname aan Ruk en Rym, en wat die toekoms vir hom inhou. ’n Moet-luister vir enige Afrikaanse musiekliefhebber!
12 Apr 2025 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Dr. Marlena Kruger oor Tegnologieverslawing: Die Impak van Slimfone op Jou Brein en Welstand

In hierdie insiggewende podcast-episode gesels Dr. Marlena Kruger, neuro-opvoedkundige en tegnologieverslawing-spesialis, asook uitvoerende hoof van MindUnique Education en TechnoLife Wise Foundation, oor die sielkundige, fisieke en emosionele impak van oormatige tegnologiegebruik. Ontdek die waarskuwingstekens van tegnologieverslawing, hoe slimfone en digitale toestelle breinontwikkeling en welstand beïnvloed, en watter praktiese oplossings, kursusse…
21 Feb 51 min