KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Een Koning, Een Koninkryk: Die Stem van Een Volk

Loading player...
In vandag se dinamiese en geestvervulde episode van Koffidate met Phillipine Morkel verwelkom ons Pastoor Ryan Neethling en Pastoor Jack Petersen – twee dienaars van die evangelie wat 'n passie deel vir eenheid in die liggaam van Christus.

Met die tema “ONE KING, ONE KINGDOM, A GREAT PEOPLE WITH ONE GREAT VOICE!” delf ons in hul persoonlike roepingsreise, die impak van hul bediening binne KOGMI (Kingdom of God Ministries International), en hul visie vir ’n volk verenig onder die heerskappy van Christus.

Pastoor Ryan, woonagtig in Kuilsrivier en getroud met Cathy, bedien saam met Apostels Martin en Dawn Burke. Pastoor Jack, oorspronklik van Koegas in die Noord-Kaap, deel sy hart vir familie en sy roeping tot geestelike vaderskap, ook vir hulle pleegkind, Braydon Joshua.

Hierdie episode is ’n oproep tot eenheid, liefde en 'n kollektiewe stem wat opstaan vir die Koninkryk van God.
19 Mar Afrikaans South Africa Christianity

Other recent episodes

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Geloof Bo Vrees: Pastoor Phoebe Appies se Kragtige Borskanker Getuienis | Tog Sal Ek Juig

In hierdie inspirerende episode van KoffiDate deel Pastoor Phoebe Appies, ’n borskanker oorwinnaar, haar roerende reis van diagnose tot goddelike genesing, en getuig sy hoe God haar volkome herstel het. Saam met Lea Wynand, ’n toegewyde professionele verpleegkundige wat daagliks met kankerpasiënte werk, gesels ons oor Borskankerbewustheid, geloof en hoop…
22 Oct 1 hr 52 min