KOPSKUIF - Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes

Loading player...
Waar begin ’n mens om die wêreld te verander? Dis maklik – begin by jouself. Op 7 Junie gesels Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, op Kopskuif oor hoe een klein verandering in jou binnewêreld ’n rimpeleffek kan hê wat kan uitkring na jou gesin, jou familie, die gemeenskap, jou dorp, jou land en selfs die wêreld.
Skakel in en kom luister hoe Brandon stories van hoop en omgee deel.
Brandon gesels oor die geleenthede wat die ATKV-tak aan die jeug bied om hulself te laat geld en ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak.
7 Jun Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Eksamentyd Wenke: Elizna Botha se Raad vir Leerlinge en Ouers om Stres te Verlig

Eksamentyd hoef nie oorweldigend te wees nie. In hierdie insiggewende episode deel Elizna Botha, skoolberader van Hoërskool Linden in Johannesburg, praktiese wenke om eksamenstres te hanteer en beter voor te berei. Sy bespreek strategieë vir studiemotivering, tydsbestuur, en hoe ouers hul kinders emosioneel kan ondersteun tydens hierdie uitdagende tyd. Luister…
8 Nov 23 min