KOPSKUIF - Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes

Loading player...
Waar begin ’n mens om die wêreld te verander? Dis maklik – begin by jouself. Op 7 Junie gesels Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, op Kopskuif oor hoe een klein verandering in jou binnewêreld ’n rimpeleffek kan hê wat kan uitkring na jou gesin, jou familie, die gemeenskap, jou dorp, jou land en selfs die wêreld.
Skakel in en kom luister hoe Brandon stories van hoop en omgee deel.
Brandon gesels oor die geleenthede wat die ATKV-tak aan die jeug bied om hulself te laat geld en ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak.
7 Jun 2025 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Dr. Marlena Kruger oor Tegnologieverslawing: Die Impak van Slimfone op Jou Brein en Welstand

In hierdie insiggewende podcast-episode gesels Dr. Marlena Kruger, neuro-opvoedkundige en tegnologieverslawing-spesialis, asook uitvoerende hoof van MindUnique Education en TechnoLife Wise Foundation, oor die sielkundige, fisieke en emosionele impak van oormatige tegnologiegebruik. Ontdek die waarskuwingstekens van tegnologieverslawing, hoe slimfone en digitale toestelle breinontwikkeling en welstand beïnvloed, en watter praktiese oplossings, kursusse…
21 Feb 51 min