Curriebeker skop af in Mbombela met Pumas teen Griekwas

Loading player...
Die Curriebeker se Premierafdeling skop vanaand sewe-uur af wanneer die Pumas die Griekwas verwelkom op Mbombela-stadion. Môremiddag drie-uur speel die Leeus en die Haaie op Ellispark in Johannesburg, en twee uur later kom Westelike Provinsie op die Kaapstad-stadion te staan teen sy aartsvyand, die Bulle. Die naweek se laaste wedstryd begin Sondagmiddag drie-uur in Wellington tussen Boland en die Cheetahs. Die Haaie is die verdedigende kampioen.
25 Jul 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Chirurgiese marathon vir Mandelamaand

Cure Day Hospital Mbombela het hierdie Mandelamaand hande geneem met dokters en die ASH-stigting om toegang tot spesialis chirurgie te verbeter. Jessica Prim gesels saam met dr. Viola Morolo en dr. Brighton Mashava met Sonop Ontbyt.
22 Jul 14 min

Wat jy benodig in 'n voertuighandelaar

Cas Kolbè, handelaarshoof van Mahindra Nelspruit, deel met die Middag Game Drive waarvoor voertuigeienaars op die uitkyk moet wees wanneer hulle wiele aanskaf.
21 Jul 9 min

Pumas verloor naelskraap teen Haaie in Curriebeker

Die besoekende Haaie het die Pumas Vrydag met 26-24 in die Curriebeker by Mbombela-stadion getroef. Die oorwinning het die Sharks vyf punte op die punteleer besorg, met die Pumas wat twee verdien het met hul verloorbonuspunt. Die Pumas se volgende drie wedstryde word weg gespeel. Afrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende…
21 Jul 7 min