KOPSKUIF - Carla Horn Deel Wenke oor Hoe ’n Liefde vir Lees by Kinders Aangekweek kan Word

Loading player...
"Hoe meer jy lees, hoe meer dinge sal jy weet. Hoe meer jy leer, hoe meer plekke sal jy ontdek." – Dr. Seuss

Het jy geweet dat stories ’n bietjie soos towermiddels is? Hulle neem jou na ver plekke, stel jou voor aan nuwe maats en laat jou dink en droom op maniere wat jy nooit sou kon raai nie.

Kom luister hoe Carla Horn gesels oor hoe boeke wêrelde open. Carla deel wenke oor hoe ’n liefde vir lees by kinders aangekweek kan word, en vertel hoekom hardop lees belangrik is.

Carla gesels ook oor Lalla Lees se storie-avontuur tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees.
4 Oct 2025 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Dr. Marlena Kruger oor Tegnologieverslawing: Die Impak van Slimfone op Jou Brein en Welstand

In hierdie insiggewende podcast-episode gesels Dr. Marlena Kruger, neuro-opvoedkundige en tegnologieverslawing-spesialis, asook uitvoerende hoof van MindUnique Education en TechnoLife Wise Foundation, oor die sielkundige, fisieke en emosionele impak van oormatige tegnologiegebruik. Ontdek die waarskuwingstekens van tegnologieverslawing, hoe slimfone en digitale toestelle breinontwikkeling en welstand beïnvloed, en watter praktiese oplossings, kursusse…
21 Feb 51 min