Picasso’s by Casterbridge in Witrivier is Maandagaand in ‘n brand vernietig. Die eienaar, Garth Snyman, sê dit sal ten minste ses maande neem om te herbou.
Die SA Beker skop die naweek amptelik af. Die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, begin hul titelverdediging Vrydag teen die SWD Arende in George. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt.
Hoërskool Nelspruit neem vanjaar deel aan die A-bond van die Super Interhoër. Atletiek-hoof Anica Cilliers gesels op die vooraand daarvan met die Middag Game Drive.
Saterdag vind die jaarlikse Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms by Lowveld High plaas. 100.5FM saai regstreeks uit vanaf die geleentheid en Mopani maak dit moontlik. Rita Visagie kuier by Sonop Ontbyt om die besonderhede te deel.
Harry Wiltshire, Craig Metherell, Dewaal Visser en Sara Archdeacon gaan in Maart aan die Expedition Africa Back to the Berg-wedren deelneem. Die 500 km avontuurwedloop verg dat deelnemers oor ses dae die ruwe en uitmergelende terrein van die Drakensberge trotseer.
Die Gesinsadvokaat is hier om ouers by te staan wanneer geskille opduik. Alles gratis en verniet. Ons gesels met Francois Rawlinson, 'n familieadvokaat.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.