RUDI NAGEL - Ware Vrede in ’n Onrustige Wêreld | Shalom, Selfversoening en die Vrug van die Gees

Loading player...
Wat beteken ware vrede (shalom) regtig – nie net as ’n Bybelse konsep nie, maar as ’n tasbare realiteit in die alledaagse lewe? In hierdie diep en eerlike gesprek op Sumpel Live gesels Libby Brits en Rudi Nagel oor selfversoening, innerlike rus en hoe die vrug van die Gees (Galasiërs 5:22–23) prakties sigbaar word te midde van verkeer, deadlines, spanning en onsekerheid oor die toekoms.

Rudi deel hoe ’n eenvoudige waarneming in Jack Muller Park ontwikkel het in ’n lewensveranderende reeks oor bome, groei en geestelike volwassenheid – en waarom dit nie genoeg is om net na die “prentjie van vrede” te kyk nie, maar om onder die koelte daarvan te gaan staan. Die gesprek fokus veral op vrede as fondasie: vrede met jouself, vrede met God en vrede wat standhou in die werklikheid van 2026.
6 Jan Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Pa en Seun – Die Vrug van die Gees as 'n Brug na Deeper Verhoudings

In hierdie episode van die Get Up and Go Breakfast program op Radio Cape Pulpit gesels Rudi Nagel met aanbieder Anton Brink oor die vrug van die Gees (Galasiërs 5:22-23) – en spesifiek hoe dit brûe kan bou tussen pa en seun. Rudi begin met die herinnering dat hy al…
8 Sep 11 min

Pa en Seun – Die Vrug van die Gees as 'n Brug na Verhoudingsherstel

In hierdie episode van die Get Up and Go Breakfast program op Radio Cape Pulpit gesels Rudi Nagel met aanbieder Anton Brink oor die vrug van die Gees (Galasiërs 5:22) – en spesifiek hoe dit brûe kan bou tussen pa en seun. Rudi begin met die herinnering dat hy op…
1 Sep 11 min