Wiele2Wiele ry Toyota Hilux Legend 55

Loading player...
Terwyl Toyota Hilux’e oor die duine van Saoedi-Arabië vlieg by die Dakar-veldtydren, bring die span van Wiele2Wiele tyd deur met die Toyota Hilux Legend 55 en vertel jou alles oor hierdie legende.
Met die uitmergelende Dakar-ren wat tans aan die gang is, verduidelik Toyota Gazoo Racing SA se Guy Botterill en Saood Variawa hoe hulle voorberei vir die enorme sandduine en vir Dakar-navigasie. Die Southern Africa Dakar Group gaan ook vir jou vertel hoe jy nog hierdie week Motul-pryse kan wen.
Vir die tegniese wenk van die week vra hulle die vraag of 2026 die jaar van elektriese bakkies gaan wees en hulle bring vir jou die jongste motorfietsnuus, insluitend alles oor die FIM World Supercross Championship.
15 Jan Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry Alfa se Junior Veloce

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: die Renault Duster 1.3T 4x2, die Volvo XC60 T8 PHEV en die elektriese Alfa Romeo Junior Veloce. Hulle gee brandstofbesparingswenke en daar is ’n meningspeiling vir 2Wiele waar hulle jou terugvoer soek.
2 Apr 25 min

Wiele2Wiele ry nuwe Golf GTI

Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die nuwe ikoon - Volkswagen se Golf GTI. Renault stel ook sy nuwe Kiger Turbo bekend. Hulle gesels met die 17-jarige Vatiswa Mokhonoana, wat aan Toyota Gazoo Racing SA se GR86-beker deelneem en gaan maak ’n draai by ’n baie interessante Nuts and Bolts-tydren.
27 Mar 26 min

Wiele2Wiele ry nuwe Volvo ES90

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele maak hulle kennis met Volvo se splinternuwe ES90 - ’n statige elektriese sedan, met ’n reikafstand van meer as 700 km. Hulle vertel jou wat te sien was by die ‘Kerk, Karre & Koffie’-minimotorskou en glimlag breed oor die Suid-Afrikaner Darryn Binder se…
20 Mar 26 min

Wiele2Wiele maak kennis met Lepas L4

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele maak hulle kennis met Lepas en sy L4. Lepas is ’n nuwe handelsmerk onder die Chery-groep. Hulle spandeer ook tyd met die BMW X3 Pure Design en besef weereens hoekom die BMW X3 as die 2025 SAGMJ Motor van die Jaar-wenner aangewys is…
13 Mar 25 min