Stefan Ludik: Mens of Masjien? Die AI-Debat in Musiek

Loading player...
Stefan Ludik gesels oor sy nuutste vrystelling, “Trou Met My”, en ’n kreatiewe proses wat die musiekbedryf laat kopkrap.

Stefan het nuwe liedjies geskryf, ou demo’s afgestof en dit met behulp van kunsmatige intelligensie laat remix en vervaardig. Die resultaat is nou op al die groot musiekplatforms beskikbaar - maar dit bring belangrike vrae na vore.

Is dit steeds “egte” musiek as AI help met die produksie?
Waar trek ’n kunstenaar die lyn tussen tegnologie en talent?
En hoe voel hy oor die kritiek rondom AI in die musiekbedryf?

Ons praat eerlik oor kreatiwiteit, innovasie en die toekoms van musiek. Skakel in en vorm jou eie mening: Is jy vir of teen AI in musiek?
20 Feb 2AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Die Spore van ’n Passievolle Opvoeder

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Christene Schoeman – ’n ma, vrou en eienaar van haar eie kleuterskool. Hulle praat oor die werklikhede van die lewe, die verantwoordelikhede wat saam met leierskap kom, en die passie om ’n verskil in jong kinders se lewens te maak. ’n Inspirerende…
2 Jun 7AM 7 min

Die Spore van ’n Passievolle Opvoeder

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Christene Schoeman – ’n ma, vrou en eienaar van haar eie kleuterskool. Hulle praat oor die werklikhede van die lewe, die verantwoordelikhede wat saam met leierskap kom, en die passie om ’n verskil in jong kinders se lewens te maak. ’n Inspirerende…
2 Jun 7AM 7 min

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 2 Junie 2026

JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
2 Jun 5AM 7 min

ATKV Applous Streeksfees: Namibië se Jong Koorsterre Neem die Verhoog

Jean-Louis gesels met Jolanda Amoraal, organiseerder van die ATKV Applous Streeksfees, oor die oudste skoolkoorkompetisie in Suidelike Afrika wat hierdie week in Windhoek plaasvind. Hulle bespreek wat gehore kan verwag, hoe Namibië se skoolkore vanjaar vaar, en watter geleenthede wag op die kore wat droom van ’n plek in die…
2 Jun 3AM 4 min

Jean-Louis Gesels met Estie Schreiber oor Molkosan se 100 Jaar van Vertroue

In hierdie episode gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor Molkosan van A. Vogel – die tweede produk wat reeds in 1926 deur A. Vogel geformuleer is. Vanjaar vier Molkosan sy 100ste bestaansjaar, en mense wêreldwyd vertrou steeds op hierdie bekende produk vir beter spysvertering en welstand. Estie deel ook die…
27 May 4AM 11 min