Internasionale Moedertaaldag: Is Afrikaans Veilig in ’n Digitale Wêreld?

Loading player...
Môre word Internasionale Moedertaaldag wêreldwyd gevier – ’n inisiatief deur UNESCO om die waarde van moedertale te erken en taalkundige en kulturele diversiteit te bevorder. Die dag herdenk die studente van Bangladesj wat in 1952 hul lewens gegee het vir die reg op moedertaalonderrig – ’n geskiedenis wat ons herinner hoe kosbaar taal werklik is.

Vandag fokus ons op Afrikaans as moedertaal. Is dit veilig? Of verkeer dit onder toenemende druk? Ons ondersoek die mite dat moedertaalonderrig mense eentalig maak en bespreek hoe dit juis ’n stewige grondslag lê vir die aanleer van ander tale.

Met die 2026-tema wat die gebruik van tegnologie vir veeltalige onderrig beklemtoon, kyk ons ook na die rol van sosiale media, stromingsdienste en digitale platforms: Kan tegnologie nuwe lewe in Afrikaans blaas? En watter praktiese stappe kan gewone mense neem om die taal te beskerm en lewenskragtig uit te bou?

’n Diepgaande gesprek oor taal, identiteit en die toekoms van Afrikaans in ’n vinnig-veranderende wêreld.
20 Feb 3AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Die Spore van ’n Passievolle Opvoeder

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Christene Schoeman – ’n ma, vrou en eienaar van haar eie kleuterskool. Hulle praat oor die werklikhede van die lewe, die verantwoordelikhede wat saam met leierskap kom, en die passie om ’n verskil in jong kinders se lewens te maak. ’n Inspirerende…
2 Jun 7AM 7 min

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 2 Junie 2026

JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
2 Jun 5AM 7 min

ATKV Applous Streeksfees: Namibië se Jong Koorsterre Neem die Verhoog

Jean-Louis gesels met Jolanda Amoraal, organiseerder van die ATKV Applous Streeksfees, oor die oudste skoolkoorkompetisie in Suidelike Afrika wat hierdie week in Windhoek plaasvind. Hulle bespreek wat gehore kan verwag, hoe Namibië se skoolkore vanjaar vaar, en watter geleenthede wag op die kore wat droom van ’n plek in die…
2 Jun 3AM 4 min

Jean-Louis Gesels met Estie Schreiber oor Molkosan se 100 Jaar van Vertroue

In hierdie episode gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor Molkosan van A. Vogel – die tweede produk wat reeds in 1926 deur A. Vogel geformuleer is. Vanjaar vier Molkosan sy 100ste bestaansjaar, en mense wêreldwyd vertrou steeds op hierdie bekende produk vir beter spysvertering en welstand. Estie deel ook die…
27 May 4AM 11 min

Maak Spore met Danie Prinsloo

Vandag gesels Elmero Strauss met Danie Prinsloo – musikant, MC en entrepreneur. ’n Gesprek oor die pad wat hy deur die jare gestap het, die mense wat hy ontmoet het, en die spore wat musiek en die verhooglewe in sy lewe gelaat het. Luister na ’n eerlike en inspirerende gesprek…
26 May 8AM 6 min