Bloemskou 2026 is hier!

Loading player...
Bloemskou begin op 23 April en duur tot 2 Mei vanjaar. Pulane Nel-Sekepe geselsmet die Hoof Uitvoerende Beampte van Bloemskou, Elmarie Prinsloo, om uit te vind watter opwindende verrassings daar vir vanjaar se skou voorlê. Elmarie deel wenke oor hoe om op kaartjies te spaar, watter opsies beskikbaar is vir die getroue skougangers wat elke dag wil kom inloer, en natuurlik kry ons 'n eksklusiewe kykie na die kunstenaars wat die verhoog gaan laat vlamvat. Hier is alles wat jy moet weet om jou Bloemskou-ervaring onvergeetlik te maak!
1 Apr English South Africa News · Business

Other recent episodes

Nampo Alfa 2026: Bennie Zaayman

Pulane Nel-Sekepe gesels met Bennie Zaayman, Nampo Park Bestuurder, oor die opkomende Nampo Alfa 2026. Hul gesels lekker oor alles wat die mense daar kan verwag hierdie jaar, en hoekom dit vir hul belangrik is om dit 'n werklike naweek uitstappie vir die hele gesin wil maak.
22 Sep 4 min

Reinke se Besproei vir Groei'-landbouprojek vir skole: Villa Crop Protection

Pulane Nel-Sekepe gesels met Voltan Senekal, Bemarkingsbestuurder van Villa Crop Protection. Hul praat oor gewasbeskerming en Villa Crop Protection se betrokkenheid by Reinke se landbouprojek vir skole. As jou skool toegang het tot 1 tot 5 hektaar landbougrond en 'n betroubare waterbron, moenie wag nie. Besoek ofm.co.za se kompetisie-blad of…
15 Sep 3 min

Eastvaal Multi - Ferdi Coetzee

Pulane Nel-Sekepe gesels met Ferdi Coetzee van Eastvaal Multi gedurende die Braaiday Friday. Hy verstel wat die venoontskap met Gimmies Potchefstroom beteken, en hoe die kompetisie van Win-a-Car inpas by hul 'community first' benadering om 'n verskil te maak in Potchefstroom.
11 Sep 4 min