Vrystaat Kunstefees 2026: Huis van Sand & Leefbaar

Loading player...
Yolanda Maartens gesels met Jefferson J. Dirks-Korkee oor sy 2 vertonings by die Vrystaat Kunstefees die jaar.

Huis van Sand vertel van Babs en Sandy wat leef op die leftovers van hul verlede. Hul klein karavaan is ’n pondokpaleis vol geheime – hul eie sandkasteel. Sandy het haar swerwersbestaan langs die N7 verruil vir ’n nuwe begin by Rodney, die bottel gebêre om Babs groot te maak. Maar daarmee saam het groeipyne en erfsondes gekom. Babs probeer haar herinneringe afwas, maar die stofstorms van die verlede haal haar telkens in. Hul onthou neem die gehoor op ’n verbeeldingsvlug waar grense begin vervaag.
https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/huis-van-sand/

‘n Nuwe Afrikaanse toneelstuk deur Nico Scheepers ondersoek die brose grense tussen familie, geheue en oorlewing. Wanneer Stefan onverwags hoor dat sy ouers op pad is – ná jare se halfsinne en ontwykende kontak – word sy noukeurig gekonstrueerde lewe stilweg ontwrig. Dit is ’n skerpsinnige en herkenbare blik op erfenis … nie net van grond of besittings nie, maar van liefde, skuld en verwyt. Met fyn waarneming en donker humor ontbloot LEEFBAAR die Afrikaner se byna bonatuurlike vermoë om in stilte te oorleef.
https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/leefbaar/
11 Jun English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Umzila: Keeping heritage alive through art and music

Umzila (The Legacy) is an exhibition that explores instrument-making as an artistic and archival practice through the Xhosa musical bow, uhadi. Born in Nyanga, Cape Town, Thandeka Mfinyongo is an African musician, scholar, and lecturer in African Music and Ethnomusicology at North-West University. Thandeka joins Yolanda Maartens in the OFM…
15 Jul 4 min

The Choral Celebration Network Foundation strives to keep choral music alive

The Choral Celebration Network Foundation (CCNF) aims to elevate harmony within the South African choral and orchestral industry through non-competitive and neutral performance opportunities. This is achieved through inclusive growth events that foster collaboration and celebrate the diversity of our nation, along with others, through the tools of choral and…
15 Jul 6 min

Vrystaat Kunstefees 2026: Navi Redd

Yolanda Maartens gesels met Hanno Zeeman Moenie hierdie energieke optrede misloop nie. Navi Redd is weer in Bloemfontein en bring vars klanke, bekende lirieke en ’n verhoogteenwoordigheid wat jou van begin tot einde vasgenael hou. Sluit by ons aan vir ’n onvergeetlike musiekervaring. Ouer, wyser en gryser, dis iets vir…
11 Jun 4 min