
Musiek om na tuis te kom saam met pianis Nicolene Gibbons
Loading player...
Nicolene Gibbons woon deesdae in Philippolis en dit is van daar waar sy by Yolanda Maartens aan sluit in die OFM Kunsteklop. Haar konsert die 17de September in die Odeion in Bloemfontein beoog om jou van die spanning van die jaar tot dusver te laat vergeet en sy vertel hoe musiek jou van binne af laat ontspan. Die program is met die hand uitgesoek en kaartjies is beskikbaar by Quicket.



