
‘Skoon bladsy’ vir nuwe Afrikaanse skool in Hartenbos
Loading player...
Vir Hennie Louw is die geleentheid om ʼn splinternuwe skool te help bou meer as bloot die volgende stap in sy loopbaan. Dit raak ook aan ʼn baie persoonlike droom: om vir sy eie kinders die soort onderwyservaring te help skep wat hom tydens sy jare oorsee laat besef het wat alles in ʼn klaskamer moontlik is. Louw is onlangs aangestel as hoof van Hartland Akademie, wat in Januarie 2027 op die Hartland-landgoed in Hartenbos open. Die nuwe Afrikaanse skool is ʼn vennootskap tussen Die MOS Inisiatief, die Doxa Deo Education Trust en Hartland Lifestyle-ontwikkelaars.

