
Die Liftklub gesels vandag met Amber-Rose Berry
Loading player...
Wat verg dit om 33 kilometer deur een van die besigste en koudste watermassas ter wêreld te swem? Vir die meeste van ons klink dit byna onmoontlik... maar vir die 18-jarige Amber-Rose Berry van Pringlebaai het dit 'n droom geword wat waar geword het!
Amber-Rose het geskiedenis gemaak as die jongste Suid-Afrikaanse vrou wat die Engelse Kanaal oorgesteek het; sy het die uitmergelende solo-oorsteek in 10 uur en 27 minute voltooi.
Amber-Rose het geskiedenis gemaak as die jongste Suid-Afrikaanse vrou wat die Engelse Kanaal oorgesteek het; sy het die uitmergelende solo-oorsteek in 10 uur en 27 minute voltooi.

