Woensdag, 28 Oktober 2026

Loading player...
In jou finansiële nuus vanoggend: Op, af of dieselfde? Alle oë is vandag op die Bank van Namibië om te sien of verbruikers met hoër rentekoerse gaan moet huishou en die verwagting is nie goeie nuus nie.
Ook in die nuus: Savanna Beef Processors sê dit is tans in 'n oorlewingstryd weens die bek-en-klouseeruitbreking.
En: Dr. Frikkie Maré, hoofuitvoerende bestuurder van die Rooivleisprodusente-organisasie in Suid-Afrika, het Dinsdag in 'n onderhoud met Plaas TV op YouTube gesê enige handel in vee en veeprodukte tussen Namibië en die buurland is weens bek-en-klouseer geheel en al in die hande van die twee lande se regerings.
28 Oct 12AM English Namibia Business · Investing

Other recent episodes

Donderdag, 5 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Nie net 'n reuse-inspuiting van miljarde dollar vir die Namibiese ekonomie en 'n strategiese hupstoot vir die land nie, maar ook goedkoper brandstof vir Namibiërs: Dis wat die Nigeriese sakereus Aliko Dangote Woensdag belowe het toe hy sy massiewe brandstofprojek en -pyplyn op Walvisbaai van…
4 Nov 11PM 2 min

Woensdag, 4 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Duurder brandstof en verskillende pryse op verskillende dorpe - motoriste het vanoggend sommer met die verkeerde voet in die kar geklim. Energieminister Modestus Amutse het padwoede so bietjie probeer briek. En plaaslike genoteerde telekomsreus MTC, met die regering as grootste aandeelhouer, mag nou die staat…
3 Nov 11PM 3 min

Dinsdag, 3 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Verbruikers is ontstig oor nog 'n styging in brandstofpryse, en die regering is bekommerd oor hul kwynende buffer om motoriste daarteen te beskerm. Intussen is banke in die land gerat om skokke te weerstaan, toon die jongste strestoetse van die Bank van Namibië.
2 Nov 11PM 3 min

Maandag, 2 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Uraan raak toenemend 'n staatmaker in die Namibiese ekonomie. KosmosKapitaal gesels met Lauren Davidson, ekonoom van die Kamer van Mynwese in Namibië, oor die blink toekoms vir die kommoditeit. En TotalEnergies het goeie nuus oor die Mopane-olieveld aan die Namibiese kus.
1 Nov 11PM 2 min

Vrydag, 30 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Dis weer daai tyd van die maand - verbruikers sit pieringoog en wag om te hoor hoe die brandstofprys hul beursie gaan skud. KosmosKapitaal kyk na die opsies. En in Rusland het presidente Netumbo Nandi-Ndaitwah en Vladmir Putin ekonomiese samewerking gesels.
30 Oct 12AM 2 min