Koue, nat weer gaan veevrektes veroorsaak

Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, gesels met dierevoedingskundige, prof. H.O. de Waal vanaf die Universiteit van die Vrystaat se departement vee, wild en weidingkunde. Vandag se gesprek handel oor die bitterkoue en nat weer vandeesweek. De Waal sê daar gaan beslis veevrektes wees oor die volgende paar dae, ook weens die impak van die droogte op die kondisie van diere. Hy gee raad aan boere om hul vee te beskerm, insluitend dat hulle onnodige rondlopery moet beperk, voer in die vorm van lang gras moet gee en beskutting (skeiling) moet probeer voorsien, veral om hulle teen die wind te beskerm.
25 Jul 2016 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Longontsteking onder vee kom nou toenemend voor

Longontsteking onder vee kom nou toenemend voor. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte en die behandeling daarvan.
22 Mar 11PM 5 min