GWK trots om mooi storie van landbou te vertel

Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, gesels met Neil de Klerk, uitvoerende hoof van bemarking en kommunikasie by GWK, oor die jongste toekenning wat dié landboubesigheid se geanimeerde advertensie gewen het. Die advertensie, “Hierdie man bou ‘n ruimtetuig”, het vroeër vanjaar ‘n goue Loerie-toekenning ontvang en het die afgelope naweek een silwer en twee goue Pendoring-toekennings losgeslaan. De Klerk sê soveel te meer as die toekennings, is hulle trots oor die mooi storie wat van die landbou vertel word. Hy sê hulle werk reeds aan ‘n nuwe reeks advertensies.
3 Nov 2016 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min