VS Kunstefees 2017 - vrynge - Die Nagloper en Slaggat

Loading player...
Die Nagloper is ’n riller oor die misbruik van mag en die manier wat vroulike skoonheid beskou word. Gegrond op die historiese figuur Elizabeth Bathory, ’n Hongaarse Gravin uit die 16de eeu. Die legende lei dat sy meer as 600 jong meisies gemartel, mishandel en vermoor het. Bathory word beskou as een van die mees ikoniese reeksmoordenaars van alle tye. Sy het in hul bloed gebad in ‘n poging om jonk te bly en so ewige jeug te kan bekom. Die Nagloper is ’n moet vir enige riller- en historise aanhangers.

Slaggat is ’n sielkundige riller oor ’n familie wat tuiswaarts keer na ’n lang vakansie en dan onverklaarbaar deur ’n massiewe vragmotor geteister word. Die tonele verskuif tussen die hede en verlede om die verhaal te vertel van ’n familie wat beide fisies, emosioneel en sielkundg afgebreek word. Die familie, motor en vragmotor word almal allegoriese simbole van verskillende klasse, ouderdomme en sosiale vlakke.
12 Jul 2017 English South Africa News · Business

Other recent episodes

Irene-Louise van Wyk laat ons dans met nuwe treffer

Pulane Nel-Sekepe gesels met Irene-Louise van Wyk oor haar nuwe treffer wat sy aanpak saam met Early B: Biri Boem Boem Wat beteken die naam? Hoe het dit gebeur dat sy en Early B weer saam werk? Wat is haar rede vir musiek maak? Dit is alles vrae wat Irene-Louise…
23 Sep 4 min

Nampo Alfa 2026: Bennie Zaayman

Pulane Nel-Sekepe gesels met Bennie Zaayman, Nampo Park Bestuurder, oor die opkomende Nampo Alfa 2026. Hul gesels lekker oor alles wat die mense daar kan verwag hierdie jaar, en hoekom dit vir hul belangrik is om dit 'n werklike naweek uitstappie vir die hele gesin wil maak.
22 Sep 4 min

Reinke se Besproei vir Groei'-landbouprojek vir skole: Villa Crop Protection

Pulane Nel-Sekepe gesels met Voltan Senekal, Bemarkingsbestuurder van Villa Crop Protection. Hul praat oor gewasbeskerming en Villa Crop Protection se betrokkenheid by Reinke se landbouprojek vir skole. As jou skool toegang het tot 1 tot 5 hektaar landbougrond en 'n betroubare waterbron, moenie wag nie. Besoek ofm.co.za se kompetisie-blad of…
15 Sep 3 min