Die Airlink Pumas en Suzuki Griekwas bly onoorwonne in die SA Beker-reeks met die poubloues bo-aan die punteleer weens hul beter punteverskil. Die pienktruie speel die naweek weer tuis, teen die Luiperds by Nelspruit-rugbyklub Saterdagmiddag. Hulpafrigter, Corné Steenkamp, gesels met Sonop Ontbyt.
Sabie is vanjaar 100 jaar oud. Vanaf Saterdag vier hulle vir 'n week dié mylpaal met die Forest Festival. Die organiseerder, Denzil Lawrie, vertel meer.
Volgende week is dit weer Hoërskool Nelspruit se revue. Dié produksie voldoen aan die hoogste standaarde en kaartjies is baie gesog. Mické Botes en Richard Dickson, beide dansers, gesels met Sonop Ontbyt.
Solidariteit beplan 'n beraad oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela). Dit vind op 8 Mei by Laerskool Laeveld plaas. Tiaan Schoeman, 'n netwerkorganiseerder vir Solidariteit, gesels met Sonop Ontbyt.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.