#SlatDiePad Eckhard Binding

--:--
Daar het Vrydag ‘n video sy verskyning gemaak van ‘n student op die kampus van die UV wat Rommel optel en wat dan deur betogers rondom hom weer op die grond gegooi word waarna die jong man net eenvoudig sy koel hou, na die rommel toe loop, dit weer optel en weer in die asblik gooi en so hou dit aan en aan. Hy het onlangs in ‘n onderhoud gesê: “vir hom is die video waarin hy rommel optel terwyl betogers dit keer op keer uit die vullisblik gooi ‘n bysaak, maar die feit dat hy ‘n beter kampus wil hê, is baie meer werd.”
Nou die jong man staan bekend as Eckhard Binding (21).
Die video is seker al ver oor die 2 miljoen keer gekyk.
Ruben Delmage het op #SlatDiePad met hom gesels. Luister gerus weer hier na die #PodCast.
5 Mar 2019 English South Africa Technology

Other recent episodes

Marieke en Eugene Erasmus - Kids in action - Cemetary Care.

Marieke en Eugene Erasmus het saam met Ma Charmaine Erasmus die Hartbeespoort Begraafplaas besoek en was so bedroef om die grafte in so 'n toestand te sien. Hulle het toe net daar en dan besluit om 'n besigheid te begin op so jong ouderdom. Luister gerus weer hier na die…
19 Mar 2021 14 min

#SlatDiePad Francis Cloete red Estelle en drie kinders se lewe

Francis Cloete het sy storie met ons kom deel oor hoe hy in 1988 onverwags Estelle en haar drie kinders se lewe moes red. Hy het hierdie jaar, 34 jaar later, uitgereik en vir Estelle probeer opspoor. Estelle het ook by ons aangesluit in die ateljee met 'n boodskap vir…
12 Feb 2021 29 min

#SlatDiePad Jarelange verneukery - Hoe vergewe jy?

Russel en Sanet Fagan het op #SlatDiePad by Ruben Delmage en Nina Coetzer 'n draai kom maak om te gesels oor hoe Sanet vir Russell moes vergewe na jarelange verneukery... Luister gerus weer hierna.
8 Dec 2020 34 min

#SlatDiePad HUB van Atterbury - Armond Boshoff

HUB van die Atterbury groep - Armond Boshoff het op #SlatDiePad by Ruben en Nina kom inloer om te gesels oor die splinternuwe Castle Gate sentrum wat Donderdag 26 November sy deure oopmaak. Luister gerus weer hier na die onderhoud.
26 Nov 2020 25 min