#SlatDiePad Henry gee Sandra se R1300 terug wat sy in haar trollie by die mall vergeet het.

--:--
Sandra skryf:

"Mense alles is nie altyd sleg nie. Vandag by Mayville Mall vergeet ek n koevert met my voertuig dokumente, my bankkaart en n R1300 kontant daarin binne die waentjie. By die huis gekom kry ek n oproep en die man sê hy het my koevert gekry en kan ek dit kom haal. Henry n veiligheidswag het dit gekry, my op sy onkoste geskakel en geduldig gewag vir my. Dankie Vader vir hierdie eerlike man, Henry wat U vandag oor my pad gebring het. Dankie Henry vir jou eerlikheid ek waardeer dit opreg."
22 May 2019 English South Africa Technology

Other recent episodes

Marieke en Eugene Erasmus - Kids in action - Cemetary Care.

Marieke en Eugene Erasmus het saam met Ma Charmaine Erasmus die Hartbeespoort Begraafplaas besoek en was so bedroef om die grafte in so 'n toestand te sien. Hulle het toe net daar en dan besluit om 'n besigheid te begin op so jong ouderdom. Luister gerus weer hier na die…
19 Mar 2021 14 min

#SlatDiePad Francis Cloete red Estelle en drie kinders se lewe

Francis Cloete het sy storie met ons kom deel oor hoe hy in 1988 onverwags Estelle en haar drie kinders se lewe moes red. Hy het hierdie jaar, 34 jaar later, uitgereik en vir Estelle probeer opspoor. Estelle het ook by ons aangesluit in die ateljee met 'n boodskap vir…
12 Feb 2021 29 min

#SlatDiePad Jarelange verneukery - Hoe vergewe jy?

Russel en Sanet Fagan het op #SlatDiePad by Ruben Delmage en Nina Coetzer 'n draai kom maak om te gesels oor hoe Sanet vir Russell moes vergewe na jarelange verneukery... Luister gerus weer hierna.
8 Dec 2020 34 min

#SlatDiePad HUB van Atterbury - Armond Boshoff

HUB van die Atterbury groep - Armond Boshoff het op #SlatDiePad by Ruben en Nina kom inloer om te gesels oor die splinternuwe Castle Gate sentrum wat Donderdag 26 November sy deure oopmaak. Luister gerus weer hier na die onderhoud.
26 Nov 2020 25 min