GNV: AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag maak Zandfontein-begraafplaas veilig en skoon!

Loading player...
GROOTFM 90.5 vier vandag GOEIEnuus-Vrydag en fokus daarop om soveel as moontlik goeie nuus en inspirerende stories van hoop te deel.

AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag het op 1 September 2019 ’n sigbaarheidspatrollie by die Zandfontein-begraafplaas gehou nadat gemeenskapslede AfriForum ingelig het dat hulle onveilig voel by begraafplase.

Volgens Andries Opperman, voorsitter van AfriForum se Oos-Moot-buurtwag, is die grootste probleem aggressiewe bedelaars wat by stopstrate staan en die publiek terroriseer wat die begraafplaas besoek. Hy sê “Die bedelaars teiken veral vroue wat alleen is en ouer mense wat by die begraafplaas inry. Daar is ook gerugte dat hulle die mense intimideer en hul karre skop om so geld uit hulle te kry.”

Die drie buurtwagte het gesamentlik gekoördineer om die begraafplaas te beveilig en het sommer ook skouer aan die wiel gesit om vuilgoed op te tel en die plek netjies te maak.

Johan Liebenberg, voorsitter van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag, sê hierdie tipe aksies bevorder samewerking en verhoog die gemeenskap se weerbaarheid. Hy sê: “Dit is vir ons as buurtwag belangrik dat die gemeenskap veilig moet voel as hulle die begraafplaas besoek.

STUUR GERUS JOU GOEIE NUUS NA info@grootfm.co.za
6 Sep 2019 Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary

Other recent episodes

#GROOTtrauma - 15 April

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Watter proteïen vorm die grootste deel van menslike hare? >Life Esidimeni: NVG bevestig vervolging in tragedie-saak >Gen Z Kies Gesondheid Bo Gewoontes: Die Nuwe Sober-Leefstyl >EFDA keur GLP-1-pil goed vir gewigsverlies >Dr Jaco se wenk…
15 Apr 41 min

#GROOTtrauma | 8 April

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Wat is die mediese term vir “grootmens waterpokkies”? >Wêreldgesondheidsdag 2026 >Tattoos en Jou Gesondheid: Wat Gebeur Regtig Onder die Vel? >Endometriose >Dr Jaco se wenk vir die week
8 Apr 44 min

#GROOTtrauma | 1 April

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - WAAR/ONWAAR - Blou lippe kan ’n teken wees van lae suurstofvlakke in die bloed. >Nuwe operasie laat Suid-Afrikaner sy oogkleur permanent verander >Vitamien-vapes: Is dit gesond? >Nuwe studie onthul drie tipes ADHD >Dr Jaco se…
1 Apr 43 min

#GROOTtrauma | 25 Maart

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Watter orgaan gebruik die meeste suurstof? >Jong vrou sterf ná sy weens pankreatitis gehospitaliseer is. >Wanneer WhatsApp paniek versprei: Die gevaar van ongeverifieerde mediese boodskappe >Wêreld TB-dag >Dr Jaco se wenk vir die week
25 Mar 42 min

#GROOTtrauma | 18 Maart

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Wat noem ons die sagte, taai lagie bakterieë wat op jou tande vorm? >National Drug and Alcohol Facts Week >Koolblare op jou gewrigte - Werk dit? >Die veiligheid van sanitêre produkte >Dr Jaco se wenk…
18 Mar 40 min