#SKOOLMETDIEBESTEGEES 2019 - Laerskool Lynnwood

--:--
Dis weer tyd vir #SKOOLMETDIEBESTEGEES 2019!
Jou skool se kans om vir die hele Suid-Afrika te wys hoe lyk ware geesdrif, vurigheid, entoesiasme, lewenslus en positiwiteit, passie, ywer en energie, betrokkenheid, eenheid en samehorigheid of hoe ookal JY die woordjie “gees” verstaan en wil wys!
Ons wil die onder-die-oppervlak-mooi, wat nie noodwendig die spogblaaie of podiums haal nie, kom soek en ontdek in die hoop om sommer self aan te steek met ‘n gees wat ons kan terugvat na ons eie kontrei en kantoor, straat, stad en land!

Ons span van GROOTfm 90.5 en Skole Beeld saai regstreeks vanaf Laerskool Lynnwood uit met ‘n bussie, kamera en verhoog en so weergalm en verwoord, fotografeer en deel ons elke stukkie van die aansteeklike atmosfeer wat ons daar by hulle beleef met almal wat ons kan oor die radio, in die koerant en op sosiale media!

En ons borge hierdie jaar is GROOT(er) as GROOT! Ons verwelkom Bounce,
Cosave Powerbuild & Wholesalers, Dr Tooth Little, MitMakMotors, Oliela Shake, Signarama Pretoria Noord, School Ride en natuurlik Skole Beeld!
20 Sep 2019 Afrikaans South Africa Kids & Family · TV & Film

Other recent episodes

SKOOL MET DIE GROOTSTE GEES - Laerskool Monumentpark

Op Vrydagoggend, 6 Maart 2020 sit die blinkoog-Monnies reeds om 06:45 tjoepstil op die pawiljoene – gereed om teen 07:00 hulle #GROOTgees met ons te deel. Die oggend word afgeskop met die belangrikste gees, die Heilige Gees en elke Monnie sing uit volle bors saam: “Jesus, die sterke leeu van…
6 Mar 2020 9 min

#SKOOLMETDIEBESTEGEES Laerskool Danie Malan

GROOTfm 90.5 en ander borge gaan deur die loop van die jaar ons skole se gees en hartklop toets. Ons het by Laerskool Danie Malan 'n draai gaan maak om te hoor hoe loop die gees daar by hulle! Die reën het hulle verseker nie gestop nie! Hier is hoe…
10 Mar 2016 15 min

#SKOOLMETDIEBESTEGEES Laerskool Constantiapark

GROOTfm 90.5 en ander borge gaan deur die loop van die jaar ons skole se gees en hartklop toets. Ons het by Laerskool Constantiapark 'n draai gaan maak om te hoor hoe loop die gees daar by CP! Hier is hoe dit gegaan het.
18 Feb 2016 13 min

#SKOOLMETDIEBESTEGEES Laerskool Wierdapark

GROOTfm 90.5 en ander borge gaan deur die loop van die jaar skole se gees en hartklop toets! Ons het ook by Laerskool Wierdapark 'n draai gaan maak om te kyk hoe die gees daar loop, en hier is hoe dit daar gegaan het! Lekker Wieries!
3 Mar 2016 14 min

#SKOOLMETDIEBESTEGEES Laerskool Monumentpark

GROOTfm 90.5 en ander borge gaan deur die loop van die jaar ons skole se gees en hartklop toets. Ons het by Laerskool Monumentpark 'n draai gaan maak om te hoor hoe loop die gees daar by hulle! Die reën het hulle verseker nie gestop nie! Hier is hoe dit…
17 Mar 2016 20 min