Before Dawn 28 Januarie Annelie Lotriet

Loading player...
Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die bedrag vir vergoeding, wanneer grond onteien word, by die uitvoerende gesag berus, wek groot kommer, maar die howe kan nie heeltemal uit dié proses verwyder word nie. LP en voorsitter van die DA se parlementêre koukus, Annelie Lotriet, sê dit is steeds problematies, al voer Mathole Motshekga, die voorsitter van die parlementêre ad-hoc komitee wat gemoeid is met die grondwetwysiging wat voorsiening vir onteiening van eiendom sonder vergoeding maak, aan dat die howe later sake op hersiening kan neem. Volgens haar gaan eienaars reeds dan van hul grond ontneem wees. Sy sê die DA neem nie die ANC se voorstel ligtelik op nie, want eiendomsreg is die kern van ‘n demokrasie. Daarmee saam kan die besluit vir die vergoedingsbedrag vir onteiende grond nie aan die regering en die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, of enige ander minster oorgelaat word nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Lotriet gepraat…
27 Jan 2020 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min