Drakensberger-studiegroep bespreek weidingsisteme in VS

Loading player...
‘n Groep Vrystaatse boere wat kommersieel met Drakensbergers boer, is toegewyd tot dié beesras en bied daarom eerskomende Saterdag ‘n inligtingsdag aan oor onder meer dié ras en weidingsisteme. Christo Nel, voorsitter van die Vrystaatse Drakensberger-studiegroep, sê die inligtingsdag gaan hoofsaaklik oor die ultrahoëdruk-weidingsisteem en regeneratiewe landbou. Dit word op die plaas van Danie Slabbert in die Oos-Vrystaat aangebied. Slabbert gebruik die weidingsisteem op sy plaas. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nel gepraat.
30 Jan 2020 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min