Tjoepie Groenewald, die stigter van die bekende landbou sosiale media platform, Farmboek op Agri-Uur

Loading player...
Pieter Moller het met Andre Tjoepie Groenewald, die stigter van die bekende landbou sosiale media platform, Farmboek, gesels, oor wat die Corona-virus se uitwerking gaan wees op gewone besighede en landboubesighede. Groenewald is van mening dat alle besighede se uitkyk nooit weer dieselfde sal wees nie en dat die digitale toekoms 3 jaar vinniger in die wereld aanvaar is. Groenewald voorspel verder dat die “lock down” na 16 April verleng gaan word, maar dat SA se ekonomie dit nie sal kan bekostig nie. Nuwe realiteite veroorsaak dat boerderye en landboubesighede maniere sal moet vind om hulleself te kan verskans teen hierdie gebeurtenis. Nuwe maniere gaan uitgedink moet word om tegnologie aan te wend om die toekoms te kan ingaan en volhoubaar te wees
2 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min