Kroonstadse lewende hawe veiling vind wel plaas na, onsekerheid

Loading player...
Die weeklikse lewende hawe veiling in Kroonstad in die Vrystaatgaan vandag voort. Dit kom nadat daar verwarring was oor of dié veiling, wat deur die afslaershuis, André Kock en Seun weekliks op 'n Dinsdag aangebied word, moet voortgaan, nadat 'n boer op 24 Maart vlugtig dié veiling bygewoon het voordat hy postief vir die koronavirus getoets het. Hennie Wille, 'n afslaer en eienaar van dié veilingshuis in die provinsie, sê daar was onsekerheid oor of die veiling deel van die voedselwaardeketting is en as 'n essensiële diens beskou word is. Die regering se Covid-19-protokol bepaal egter dat veilings van lewende hawe, onder streng voorwaardes kan geskied. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wille gepraat...
6 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min