Covid-19-regeringshulp: Wat van kommersiële boere, vra TLU SA?

Loading player...
TLU SA is diep bekommerd oor die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se Covid-19-ingryping om R1,2 miljard se hulp aan hoofsaaklik kleinboere te verleen. Dié organisasie se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê dit wil voorkom of ideologie en politiek nog seëvier in die krisistyd. Van Zyl meen miljoene rande se hulp word aan kleinboere verskaf, terwyl kommersiële boere aan die agterspeen suig en moet staatmaak op lenings by die Landbank of kommersiële banke. Dit terwyl die kommersiële bedryf hoofsaaklik verantwoordelik is vir die grootste gedeelte van Suid-Afrika se kosproduksie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Zyl gepraat...
7 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min