Slegs die regering kan Suid-Afrika uit sy ekonomiese verknorsing red, meen TLU SA

Loading player...
ie regering behoort, as hy eerlik is oor Suid-Afrika se toekoms, nou onomwonde verklaar hy gaan sy beleid van "sosialisme en kommunisme" laat vaar. Dit is nou tyd dat die regering opstaan vir private besitreg in 'n vrye markstelsel om sodoende stabiliteit in die land te verseker. Dit sal daartoe bydrae dat beleggers Suid-Afrika as 'n veilige plek beskou om in te belê. Dit is volgens TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, wat meen indien daar nie 'n veranderde denkwyse deur die regering gaan wees nie, het Suid-Afrika nie 'n goeie kans om uit sy ekonomiese verknorsing uit, op te staan nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Zyl gepraat...
8 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min