Slegs die regering kan Suid-Afrika uit sy ekonomiese verknorsing red, meen TLU SA

Loading player...
ie regering behoort, as hy eerlik is oor Suid-Afrika se toekoms, nou onomwonde verklaar hy gaan sy beleid van "sosialisme en kommunisme" laat vaar. Dit is nou tyd dat die regering opstaan vir private besitreg in 'n vrye markstelsel om sodoende stabiliteit in die land te verseker. Dit sal daartoe bydrae dat beleggers Suid-Afrika as 'n veilige plek beskou om in te belê. Dit is volgens TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, wat meen indien daar nie 'n veranderde denkwyse deur die regering gaan wees nie, het Suid-Afrika nie 'n goeie kans om uit sy ekonomiese verknorsing uit, op te staan nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Zyl gepraat...
8 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min