NK Landbou-LUR vra kommersiële boere se geduld

Loading player...
Klein- en bestaansboere in die Noord-Kaap word nou aangemoedig om aansoek te doen vir die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se Covid-19-hulpverlening ter waarde van R1,2 miljard. Die LUR van landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling in die Noord-Kaap, Nomandla Bloem, sê die aansoekproses is oop en duur tot 22 April. Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie en amptenare van dié provinsiale departement is gereed om dié boere behulpsaam te wees. Dit kom nadat minister Thoko Didiza vandeesweek aangekondig het dat dié hulp hoofsaaklik beskikbaar aan opkomende kleinboere is wat geldelik onder druk verkeer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat....
9 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min