#Covid19: Daar is uitdagings vir boere in Noordwes, maar hulle is steeds toegewyd

Loading player...
Die landboubedryf is die belagrikste sektor vir die ekonomie in Noordwes. Dit is volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, wat meen al is daar groot uitdagings wat boere in die gesig staar, kan hulle onder moeilike omstandighede aanpas. Du Toit sê daar is uitdagings vir boere in dié provinsie ten opsigte van die nasionale inperking wat 'n poging deur die regering is om die verspreiding van die Covid-19-virussiekte te beheer, maar produsente is positief en produseer met groot toewyding steeds kos vir verbruikers. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.
9 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min