Werklikheid van nasionale inperking is hier, sê DA

Loading player...
Sekere boere en ander betrokkenes in die landboubedryf was met die aanvang van die nasionale inperking, in 'n poging deur die Suid-Afrikaanse regering om die verspreiding van die Covid19-pandemie te beperk, onder die indruk dit is besigheid-soos-normaal sou wees. Die DA se skaduminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Annette Steyn, sê met die inperking, het die werklikheid egter vir talle betrokkenes in dié bedryf ingetree. Landbou word tydens die inperking, wat op 26 Maart in werking gestel is, en aanvanklik tot 16 April sou voortduur, as 'n essensiële diens beskou. Daar is egter streng voorwaardes en regulasies daaraan verbonde. Pres. Cyril Rampahosa het die aanvanklike inperking Vrydagaand met twee weke verleng, tot die einde van vandeesmaand. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Steyn gepraat...
12 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min