RPO in Noord-Kaap besluit om sy jaarkongres na 2020 uit te stel

Loading player...
Die Roovleisprodusente-organisasie, RPO, in die Noord-Kaap het sy jaarkongres, wat in Junie vanjaar sou plaasvind. uitgestel tot volgende jaar weens die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika. Dié kongres is jaarliks 'n geleentheid om betrokkenes in die bedryf byeen te bring en oor polsende kwessies, terwyl verskeie gassprekers inligting verskaf. Johan van der Colff, voorsitter van die RPO in dié provinsie, sê dié besluit is nie ligtelik deur bestuurslede geneem nie. Dié kongres vind nou volgende jaar in die eerste week van Junie plaas. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat....
13 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min