Hoenders word plaaslik geproduseer, wat goed is vir voedselsekerheid

Loading player...
Dit gaan onder omstandighede goed in die hoenderbedryf en produksie gaan voort, ondanks die uitdaging van die Covid-19-virussiekte. Dit is volgens, Izaak Breytenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging, SAPV, wat meen in terme van voedselsekerheid is dit geweldig belangrik dat produksie in dié bedryf plaasvind. Hy sê daar was wel uitdagings wat verband hou met die vervoer van produkte. Logostieke en probleme met arbeid het ook opgeduik, terwyl veral kleinboere met die aanvang van die nasionale inperkingstydperk, swaar getref is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
15 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min