Wildsvleis kan skaars raak vir verbruikers #Covid19

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging voorsien 'n tekort aan wildsvleis in die Suid-Afrikaanse mark, weens die nasionale Covid-19-grendelstaat. Fred Camphor, uitvoerende hoof van dié vereniging, sê daarmee saam gaan verbruikers wildsvleis, wat wel in die mark beskikbaar is, nie kan bekostig nie, weens die ekonomiese impak van dié pandemie op verbruikers. Hy sê minder wild word nou gejag, bloot omdat daar 'n groot afname in binnelandse jagters is, teenoor die situasie in vorige jare, ook weens die nasionale inperking. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
15 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min