Safex Verslag - 20 April 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag. Die mark wat die afgelope tyd onder druk gekom het, het nuwe laagtepunte bereik en die mark het winskoop vlakke bereik. Aankope in die Amerikaanse mark het die mark Vrydag ondersteun.
Suid-Korea is steeds ʼn groot koper van mielies in die internasionale mark en het Vrydag weer ongeveer 68 500 ton se mielies aangekoop in ʼn privaat transaksie. Die mielies is vir lewering in Oktober 2020.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag gemeng verhandel met die naby maand kontrakte wat onder druk gekom het en laer gesluit het vir die dag terwyl die verder maand kontrakte ondersteuning gevind het en hoër gesluit het vir die dag.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R32/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 598/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R24/ton hoër verhandel om teen R2 733/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag. Die mark is onder druk as gevolg van bekommernisse rakende die beperkte vraag na veevoer, asook die waarskynlikheid dat ʼn laat plantseisoen die produsente in die VSA kan noodsaak om van die beplande mielie-hektare kan omswaai na sojabone toe.
Privaat uitvoerders het Vrydag sojaboon uitvoerverkope van ongeveer 120 000 ton aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer. Dit is vir lewering aan onbekende bestemmings.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R36/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 810/ton te sluit.
19 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min