Droogte nog nie gebreek in Noord-Kaap, maar natter siklus word verwag

Loading player...
Die voorslepende droogte in sekere gebiede van die Noord-Kaap, is nog geensins gebreek nie, maar daar is vooruitsigte vir enkele buie, wat nog voor die winter kan voorkom. Daarmee saam lyk die vooruitsigte vir 'n natter komende somerseisoen ook meer belowend. Dit is volgens Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbou-weerkundige, wat meen 'n natter siklus word verwag in die sentrale deel van die binneland, wat ook die droogtegeteisterde Noord-Kaap, insluit. Hy sê dit was alreeds in sekere gedeeltes soos die sentrale deel van die Vrystaat sigbaar dié afgelope seisoen gewees. Van den Berg sê dit wil voorkom of die einde van 'n redelike droë siklus, sedert 2011/12, nou in die vooruitsig is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.
20 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min