RPO: Lewende hawe veilings is deel van essensiële rooivleisproduksie

Loading player...
Die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, het die onsekerheid, wat daar heers, rondom die aanbied van veilings van lewende hawe, tydens die nasionale Covid-19-grendeltydperk, reeds onder die aandag van die minister van landbou, Thoko Didiza, gebring. Dit kom nadat dié organisasie klagtes ontvang het oor voorvalle waar die polisie glo gedreig het om dié veilings te stop. Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die RPO, sê die polisie doen goeie werk en tree volgens direktiewe op, maar dit is duidelik dat landbou en spesifiek rooivleisproduksie ‘n essensiële diens in die hele waardeketting is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het vroeër vandeesweek met hom gepraat...
22 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min