Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Loading player...
Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher. Hy sê daar was aanvanklik begrip en voldoening vir die inperkingstydperk om die verwagte verwoesting van die Covid-19-pandemie die hoof te bied, maar dié "veldtog" verloor nou steun, omdat benadeeldes nie toegelaat word om deel te word van die oplossing nie. Dit is noodsaaklik dat ‘n land hom staal teen die verwagte verwoesting van dié pandemie en gegewe die demografie en veral die bekende ongelykhede, manifesteer die impak daarvan anders op verskillende vlakke van die samelewing.

Laubscher meen toegang tot kos word nou beperk deur administratiewe rompslomp, en die onvermoë om beleid uit te voer asook dubbelsinnige regeringsmaatreëls. Hoewel daar na bewering inter-departementeel oorlegpleging is om ‘n holistiese mandjie van maatreëls daar te stel, is daar al hoe meer bewyse van die teendeel. Volgens hom is daar nie voldoende onderliggende oorlegpleging tussen die verskillende Suid-Afrikaanse ministers nie. Dit is ook meer sigbaar op laer regeringsvlakke, wat lei tot 'n verdere negatiewe impak.

Dit staan duidelik uit dat daar 'n gebrek aan sinergisme, selfs binne departemente is. Hy sê baie van dié staatsdepartement, wat veral op landbou gerig is, is nie voldoende bekend met die diverse vermoë van dié bedryf nie. "Kommersiële landbou is verwaarloos en noudat daardie deel se bydrae ellende verligting kon versnel, bevind departemente hulle klaarblyklik op sulke onbekende terreine dat deur niks te doen, beter is as om die verkeerde te doen.
22 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min