Saai: Veilings is essensieel in die waardeketting

Loading player...
Veilings van lewende hawe is deel van die landboubedryf. Landbou, word as ‘n essensiële diens tydens die nasionale Covid-19-inperkingstydperk geklassifiseer, en voorsien essensiële produkte. Daar kan na diere se welsyn omgesien word en dit is toelaatbaar om vleis te verkoop en aan verbruikers te verskaf. Daarom is veilings van lewende hawe juis essensiël in die waardeketting. Dit is Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, 'n organisasie wat die belange van familieboere beskerm, se reaksie op die verwarring wat heers oor dié veilings wat tydens staat van inperking aangebied mag word of nie. Dit kom nadat die polisie in die Vrystaat Dinsdag by die veilingskrale van André Kock en Seun en Noord-Kaap Lewende Hawe, in Kroonstad opgedaag het, en alles in die stryd gewerp het om dié veeveilings te staak. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Rossouw gepraat.
23 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min