Saai: Veilings is essensieel in die waardeketting

Loading player...
Veilings van lewende hawe is deel van die landboubedryf. Landbou, word as ‘n essensiële diens tydens die nasionale Covid-19-inperkingstydperk geklassifiseer, en voorsien essensiële produkte. Daar kan na diere se welsyn omgesien word en dit is toelaatbaar om vleis te verkoop en aan verbruikers te verskaf. Daarom is veilings van lewende hawe juis essensiël in die waardeketting. Dit is Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, 'n organisasie wat die belange van familieboere beskerm, se reaksie op die verwarring wat heers oor dié veilings wat tydens staat van inperking aangebied mag word of nie. Dit kom nadat die polisie in die Vrystaat Dinsdag by die veilingskrale van André Kock en Seun en Noord-Kaap Lewende Hawe, in Kroonstad opgedaag het, en alles in die stryd gewerp het om dié veeveilings te staak. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Rossouw gepraat.
23 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min